A M A N D A   S T R Y D O M

Loopbaan hoogtepunte,
toekennings en nominasies

     
    1979:
  • Neem 'n kortspeelplaat, "Automatic Lover" op vir RPM
  • Speel Viney in "Die Wonderwerk", vir KRUIK, Kaapstad
    Speel Adriana in "Kinkels in die Kabel" vir KRUIK, Kaapstad
  • Vertolk die hoofrol in "Pasgetroud", 'n Afrikaanse film van Franz Marx
  • Speel Christiana in Nick Taylor se musiekblyspel, "Christian", vir NARUK

    1980:

  • Platejoggie by Highveld Stereo
  • Platejoggie by Radio 5 se "Nightbeat" tot 1981
  • "Musiek en Liriek", Oude Libertas Teater, Stellenbosch
  • Hoofrol in die Engelse TV drama, "The Potato Eaters"
  • "Oh what a Lovely War" by die Staatsteater, Pretoria

1981
  • "Met Permissie Gesê", 'n kabaret deur Hennie Aucamp by die Markteater, Johannesburg
  • Speel Grace Lipschitz in "Hell is for whites only", deur Pieter Dirk Uys
  • Neem deel aan "Musiek en Liriek 2", 'n platform vir die nuwe Afrikaanse "luisterliedjie" beweging, by die Oude Libertas Teater in Stellenbosch
  • "Elke liedjie vertel 'n storie" - 'n TV musiekreeks deur Merwede van der Merwe
  • Gaskunstenaar van "Laurika Rauch in Revue", SABC TV
  • Speel Tiemie in PG du Plessis se "Siener in die Suburbs" tydens die offisiële opening van die Staatsteater in Pretoria
  • Genomineer vir die Dalro prys vir haar optrede in "Met Permissie Gesê"

    1982

  • Op toer met David Kramer

    1983:

  • "Forbidden Fruits" deur Janice Honeyman, Market Theatre
  • "The Dining Room" by die Baxter Teater, Kaapstad, en die Alhambra, Johannesburg
  • Vertolk die hoofrol van 'n Egiptiese priesteres teenoor Robert Whitehead in "Seth", 'n Engelse TV drama, met regie deur Michael Atkinson
  • Speel die rol van die Poolse sangeres, Elzbieta Karski, in die Engelse TV drama reeks, "1922", deur John Cundill
  • Stel 'n Afrikaanse lagspeelplaat, "Vir my Familie", vry wat die bekende liedjie, "Ek loop die pad" insluit, wat vir die Sarie toekenning genomineer is.
  • Tree op in "Die Lewe is..", 'n Afrikaanse TV musiek reeks
  • Aanbieder by die Mej SA kompetisie

    1984:

  • Tree op in "Enkelspel", 'n spesiale Afrikaanse TV eenvrou musiek produksie
  • Deel die verhoog met Lesley Rae Dowling in "Women in Song" by die Oude Libertas Teater, Stellenbosch

    1985:

  • Speel die rol van Jupiter Jones, 'n Amerikaanse rock sanger in die Engelse TV drama reeks, "Westgate"
  • Begin haar solo kabaret loopbaan in Garbo's, Kaapstad
  • Stel 'n Engelse langspeelplaat, "Jupiter Jones is Amanda", vry met liedjies van "Westgate", wat genomineer is vir 'n Sarie toekenning
  • Speel Suster Rita in "The Runner Stumbles", Alhambra Theatre
  • Vertolk die hoofrol in "Enkelspel", 'n televisie musiekprogram
  • Wen die Star Tonight toekeinning vir Beste Engelse Aktrise in "1922"
  • Vertolk 'n hoofrol in "Jerry's Girls" met Judy Page en Diane Chandler

    1986:

  • Eenvrou kabaret by Club 58 in Hillbrow
  • Vertolk 'n hoofrol in "Die Hemelbed", 'n TV musiekblyspel met Tobie Cronjé
  • Veroorsaak 'n skandaal tydens 'n kabaretvertoning by die Oude Libertas in Stellenbosch toe sy die verbode swart magsteken vanaf die verhoog gee

    1987:

  • Speel Prince Charming in die pantomime, "Cinderella", by Gold Reef City
  • Tree saam met Fiona Ramsay op in "Sisters in Concert" by Club 58, Johannesburg
  • Vertolk die hoofrol in Jane Chambers' se toneelstuk, "Last Summer at Bluefish Cove"

    1989

  • Speel Gooch in "Mame", Pacofs, Bloemfontein

    1991:

  • "Midnite Ladies" - 'n kabaret by After Dark in Pretoria
  • Tree saam met Julie Wilson op in "Winners", 'n huldeblyk aan liedjies wat die Oscar gewen het
  • Speel die rol van 'n Duitse diamanthandelaar, Hilde Bauer, in die Afrikaanse TV dramareeks, "Arende"
  • Speel Roxanne, ‘n rock sanger in die Engelse TV dramareeks, "Big Time"

    1992:

  • Aanbieder by NNTV

    1993:

  • Skryf haar eerste eevrou toneelstuk, "State of the Heart", wat sy steeds op publieke aandrang dwarsoor die land opvoer
  • Mede aanbieder met Sibongile Khumalo & Henry Cele by die 1993 Vita Film Toekennings seremonie
  • Tree op in die Afrikaanse TV musiekreeks "Noot vir Noot"

    1994:

  • Skryf ‘n eenvrou toneelstuk, "The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder en tree daarmee op by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Sedertdien het sy dit al opgevoer by die Grahamstadse Fees, die Port Elizabeth Opera Huis en die Staatsteater in Pretoria
  • Wen die Dalro toekenning vir "State of the Heart"
  • Voer "State of the Heart" op by Over the Top in Kaapstad

    1995:

  • Vrystelling van haar CD, "The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder - the soundtrack", met liedjies van haar kabaret met dieselfde naam
  • Vrystelling van haar CD, "Songs from State of the Heart", met liedjies van haar kabaret met dieselfde naam
  • Tree saam met die Nasionale Simfonie Orkes op by die "Johannesburg Pops"
  • Skryf haar derde eenvrou toneelstuk, "Diva", as 'n pleidooi vir die kunste in Suid-Afrika. Die opvoerings word uitverkoop by die KKNK, die PE Opera Huis, die Staatsteater en die André Huguenet teater in Bloemfontein
  • Wen die Evening Post toekenning vir Beste vertoning van die jaar" en "Beste kabaret van die jaar" vir "State of the Heart"
  • 'n Dokumentêre program oor haar lewe word uitgesaai op SABC2
  • Voer "State of the Heart" op by Elaine's in Kaapstad
  • Tree op in die Afrikaanse TV musiekreeks, "Noot vir Noot"

    1996:

  • Stel haar haar derde CD, "Vrou by die Spieël", vry wat sy samm met Didi Kriel en Lize Beekman skryf, komponeer en regisseer
  • Eerste opvoering van haar musiekkonsert, "Strydom in Concert", wat sy steeds gereeld landwyd opvoer
  • "Diva" word verfilm en uitgesaai op SABC2

    1997:

  • Tree op met "State of the Heart" in Brussels
  • Tree op met "Vrou by die Spieël by die SA Toerisme Skou in Mechelen, Belgium
  • Wen die Showtime toekenning vir Beste Aktrise in 'n eenvrouvertoning vir "Diva"
  • "Vrou by die Spieël" word genomineer vir die FNB/Vita Musiek toekennings in die kategorieë "Beste Vroulike sanger" en "Beste Kontemporêre Afrikaanse Album"
  • Gee 'n akoestiese optrede van "Vrou by die Spieël" by die Grahamstadse Kunstefees
  • Stel werke saam van haar mentor, Prof Hennie Aucamp, in 'n kabaret, "'n Vuur gevang in Glas", wat uitverkoop en hoog aangeprys word by die KKNK
  • Stel ‘n CD vry van "'n Vuur gevang in Glas" tydens haar eie drie weke minifees by die Staatsteater waar sy haar vier eenvrou toneelstukke al om die beurt opvoer
  • Voer "Vuur" op by die Nico Malan teater in Kaapstad

    1998:

  • Haar CD, "'n Vuur gevang in Glas", word genomineer as Beste Klankbaan vir die FNB SAMA musiek toekennings
  • Voer haar konsert, , "C'est Moi", op by Grahamstadse- en KKNK feeste
  • We die Rimpel Toekenning vir Beste Plakkaatby die Grahamstadse Kunstefees
  • Neem haar CD, "Hotel Royale" op in August 1998. Die liedjies is deur Strydom geskryf en sy komponeer, verwerk en regisseer dit saam met Didi Kriel en Peter Mclea. Kritici loof die album as die top Afrikaans vrystelling vir 1998
  • "Nickelodeon", ‘n kabaretvertoning by Jargonelles in Johannesburg
  • Tree op tydens 'n uitsending van die Felicia Mabusa-Suttel TV program
  • Tree op as gas in die Afrikaanse TV musiekreeks, "Noot vir Noot"

    1999:

  • "Hotel Royale" word genomineer as Beste Vroulike sanger, Beste Afrikaanse album en Beste CD omslagotwerp in die FNB SAMA musiektoekennings
  • Gee 'n akoestiese uitvoering van "Hotel Royale" by die KKNK Tree saam met die Nasionale Simfonie Orkes in die Klein Karoo Pops
  • Haar konsert, "In Full Flight" open by die Broadway teater in Kaapstad en word hoog deur kritici aangeprys
  • Voer "In Full Flight" op tydens die Grahamstadse Kunstefees
  • Haar verwerking van "In Full Flight" as 'n toneelstuk word suksesvol by die Staatsteater op die planke gebring
  • Skryf "Hartlied", 'n toneelstuk wat entoesiasties ontvang word by die Aardklop Kunstefees op Potchefstroom in Oktober 1999
  • Help met die bekendstelling van die nuwe Afrikaanse TV kanaal, "KykNet"

    2000:

  • Sing twee liedjies saam met die besoekende Hollandse sanger, Stef Bos by die Staatsteater in Pretoria
  • Tree saam met Elzabé Zietsman op in suksesvolle kabaret "Strydom en Zietsman - in alfabetiese volgorde" wat uitverkoop by die KKNK
  • Tree op by die Karoo Pops
  • Stel haar versamelalbum, "Ek loop die pad, 20 jaar" vry tydes die KKNK
  • Voer "State of the Heart" op openbare aandrang op by die KKNK Rimpelfees
  • Toonset die Breyten Breytenbach gedig, "Dagreis vir 'n mens", vir die CD, "Om te Breyten", saam met Didi Kriel. Die CD van die digter se werke bevat komposies deur verskeie bekende musikante, onder andere Johannes Kerkorrel, Anton Goosen, Mynie Grové, Brasse vannie Kaap, Valiant Swart, Lize Beekman en Laurinda Hofmeyer
  • Gedurende Augustus en Oktober 2000 is sy op toer deur Europa saam met Johan Ahlers vir die verfilming van "Trippe Trappe Trone", ‘n documentêre reis reeks vir KykNet.

    2001

  • Skryf, regisseer en voer "Ligvoets" op by die Centurion Teater met Janine Neethling
  • Skryf, regisseer en voer "Die Taal van my Hart" tot groot lof op by die Sterrewag Teater in Bloemfontein
  • Skryf haar nuwe album, "Op 'n Klein Blou Ghoen" saam met musiekregisseur Janine Neethling in die Sterrewag Teater.
  • Skryf en regisseer "Jazz vir jou en 'n bietjie Blou" saam met Rocco de Villiers vir die Klein Karoo Kunstefees
  • Voer "Strydom en Zietsman" en "Die Taal van my Hart" met Janine Neethling op by die Windhoek Fees
  • Sing die Nasionale Volkslied tydens die opening van die KKNK waar sy die voormalige president, Nelson Mandela ontmoet.
  • Voer "Jazz vir Jou en 'n bietjie Blou" tot groot lof op by die KKNK saam met Rocco de Villiers, Janine Neethling en Vinnie Henrico
  • Stel haar nuwe album, "Op 'n Klein Blou Ghoen" bekend
  • Voer "Ligvoets" op by die High Street Theatre in Durbanville, Kaapstad en stel "Op 'n klein Blou Ghoen" bekend saam met Janine Neethling"
  • Sy word aangeval deur drie Rotweillers by 'n gastehuis tydens haar "Ligvoets" optredes en word deur Madiba besoek nadat hy van die insident te hore kom. Sien "Fotos" vir hierdie historiese ontmoeting
  • Stel "Op 'n Klein Blou Ghoen" in Johannesburg bekend by die Mixer Teater en verskyn saam met Casper de Vries' op "Die Casper Rasper Show"
  • Voer "Jazz vir jou en 'n bietjie Blou"op by die "Showcase" in Randburg
  • Skryf, regisseer en voer "Meisie sings the Blues" tot groot lof op saam met Janine Neethling by "On Broadway" in Kaapstad
  • Neem die klankbaan op vir "Jazz vir jou en 'n bietjie Blou" met Rocco de Villiers, Janine en Vinnie by Cesar's Sound, Silverton, Pretoria
  • Voer "Meisie sings the Blues " saam met Janine Neethling op by die Grahamstadse Kunstefees
  • Voer "Ligvoets" saam met Janine Neethling op by die Etienne Rousseau Theater, Sasolburg
  • Wen twee FNB Vita toekennings vir "Die Taal van my Hart" in die kategorieë Beste Musiek Revue en Beste optrede in ‘n Musiek Revue
  • Tree saam met Rocco de Villiers op in "Jazz vir jou en 'n bietjie Blou" by die High Street Auditorium, Durbanville
  • Stel die CD "Jazz vir Jou" bekend by die High Street Auditorium
  • Wen die Geraas Musiektoekenning vir "Beste Afrikaanse album 2001 en Kontemporêre Album 2001 vir "Op 'n Klein Blou Ghoen"

    2002:

  • Voer "Op 'n Klein Blou Ghoen" by Sterrewagteater in Bloemfontein op.
  • Voer "'n Vuur Gevang in Glas" as eenvrouvertoning by die Stellenbosch Woordfees op.
  • Skryf "Volstoom", haar klugtige begrafniskabaret.
  • Voer "All by myself" op tot groot lof by die Pink Loeriefees en On Broadway
  • Tree op in "Al daai Jazz" vir Rooi Rose met onder andere Mynie Grové, Gloria Bosman, Karen Zoid, Elzabé Zietsman.
  • Tree op in Sarie se Inspirasie konserte met onder andere Laurika Rauch, Valiant Swart, Coenie de Villiers.
  • Sy bring weer "State of the Heart" na die Grahamstadfees op publieke aanvraag.
  • Tree op in "Women Unite" saam met Gloria Bosman,Afrika Mamas en Cutt Glass by die Sasolburg WAM fees.
  • "Volstoom" debuteer by Aardklop.
  • Is kunstenaar van die aand by die Pendoring toekennings
  • Skryf en voer "Lady A" op vir Walvisfees,Hermanus
  • Tree op by Huisgenoot Skouspel in Sun City.
  • Wen twee FNB Vita toekennings vir "Op 'n Klein Blou Ghoen"

    2003:

  • Skryf, komponeer en neem "Verspreide Donderbuie/Scattered Thunder" op met Janine Neethling, Floors Oosthuizen en Vinnie Henrico.
  • Tree op in "Al daai Jazz" vir Rooi Rose by Oude Libertas Teater
  • Voer "Volstoom" met Janine Neethling op by Centurion Teater, KKNK en Bloemfonteinfees.
  • Voer "Lady A" by Grahamstadfees op en vier 25 jaar in die bedryf.
  • Woon Nelson Mandela se 85ste verjaarsdagvieringe by in die Sandton Convention Centre.
  • Vier die tienjarige bestaan van "State of the Heart" met 'n speelvak in On Broadway.
  • Verfilm video van titelsnit van "Verspreide Donderbuie" met Didi Kriel.
  • Johan Badenhorst maak DVD van "Verspreide Donderbuie" optrede in die Drama,Staatsteater.
  • Stel "Verspreide Donderbuie" bekend by Aardklopfees.
  • Voer "Verspreide Donderbuie" as solovertoning op by Dorpstraatteater,Stellenbosch.
  • Tree op in "Hommage Kerkorrel" in die Stadskouburg Brugge, België met Stef Bos.
  • Tree op in "Een jaar later" - 'n huldeblykkonsert vir Johannes Kerkorrel in die Drama, Staatsteater, met Stef Bos, Karen Zoid en Valiant Swart, Jana Cilliers en Grethe Fox.
  • Word vereer met die Tuks Alumni Laureaat Toekenning van die Universiteit van Pretoria.
  • Wen twee Geraasmusiektoekennings vir "Verspreide Donderbuie" - Beste Kontemporêre Album en Beste Solokunstenaar

    2004:

  • Wen die Kannaprys vir Beste Vroulike Kunstenaar op die KKNK-fees.
  • Wenner van die SAMA-toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: "Verspreide Donderbuie/ Scattered Thunder".
  • Stel haar lirieke en fotoboek,”Kaalvoet” bekend by KKNK
  • Tree op by “Music in the Mountains” by Drakensberg Seunskoorskool
  • Tree op by Innibos, Grahamstad, Volksblad, Kalfie, Hermanus en Aardklop Kunstefeeste
  • Skep “Mooiweer en Warm” vir Aardklopfees
  • Voer weer “State of the Heart” op in Jeffreysbaai ten bate van die Elijah skool
  • “Mooiweer en Warm” open die somerseisoen by Oude Libertas teater in Stellenbosch in Desember.

    2005:

  • Voer “State of the Heart” vir Valentynsdag op by Centurionteater
  • Skryf teks en titellied saam met Christopher Torr vir “Plakboek”, ’n ko-produksie met Laurika Rauch vir KKNK
  • “Plakboek” word genomineer vir Kannaprys by KKNK
  • Voer “Plakboek” saam met Laurika Rauch op by Caesar's Casino teater in Johannesburg
  • Tree saam met Dozi op in “Dozi en vriende” by Carnival City
  • Tree saam met die Belgiese acapella groep “Voice Male”op by Innibosfees, Nelspruit
  • “Mooiweer en Warm” speel by Innibosfees
  • “Mooiweer en Warm” speel by Volksbladfees
  • Amanda,Janine Neethling en Floors Oosthuizen tree op by Centurion Teater in onderskeidelik “Amanda, Janine en Floors” en “Soulsongs”
  • Stel haar tweede kompilasie album,”’n Rugsak vol Robyne” in Augustus vry
  • Tree op by Gariepfees met “Alles wat ek het”,met Janine Neethling
  • Solis in Ariel Ramirez se ”Misa Criolla” en “Navidad Nuestra” met die Potchefstroomse Universiteitskoor en Cohda orkes o.l.v. prof. Awie van Wyk by Aardklop
  • Misa Criolla en Navidad Nuestra word deur Kyknet verfilm en op Kersaand uitgesaai
  • TO TOP